top of page

Winterkos met laventel

Writer's picture: Nita FourieNita Fourie

Soos ons nou reeds weet, is laventel gewild in die kombuis. Hier is 'n paar idees om jou kookvernuf die winter met laventel te vernuwe.


Botterskorsiesop

Laventel en geel pampoen is goeie pasmaats. Gebruik enige lekker botterskorsie (butternut) sopresep en voeg 'n paar takkies Margaret Robberts laventel by terwyl dit kook. Haal dit later uit. So 3 tot 5 takkies behoort genoeg te wees vir lekker geur, sonder dat dit die pampoen oorheers. Laventelblommetjies kan gebruik word vir garnering.


Pampoenkoekies

Pampoenkoekies is altyd gewild. Tower joune op met Purple Posy laventelkaneelsuiker om jou gaste te beïndruk. Dit werk goed saam met winter bredies wat stadig prut, terwyl jy met 'n boek onder 'n kombersie sit.


Piering aartappels

Kook aartappels, met die skil aan, sag. Druk hulle dan effens plat tussen twee pierings om 'n holte en krakies te vorm. Strooi Purple Posy kruiesout oor en bedrup met olyfolie. Bak in die oond tot dit lekker krakerig is. Dit is heerlike bykos vir braaivles of 'n bord boerekos.


Laventelrys

Voeg ongeveer 3 tot 5 ml gekapte laventel by jou rys, terwyl dit gaar stoom. Dit lyk mooi en is geurig saam met wintergeregte.


Laventelskons

Gebruik jou flatervrye skonresep en voeg 5 tot 10 ml Margaret Robbets blommetjies by. Vir soet skons kan jy 'n glansversiering maak met gesnipperde laventel daarin. Bedien dit met 'n mooi koppie warm tee en 'n bossie laventel om die prentjie af te rond. Dek 'n stylvolle skinkbord en gaan ontspan iewers in die flou winterson.


As jy nie lus is om te kook nie, gooi 'n paar droë laventeltakkies in die kaggelvuur dat dit die huis verwarm met die lieflike geur. Ontspan met 'n koppie warm sjokolade,  goeie koffie, 'n glas wyn of wat ookal jou hart warm maak. Wintertyd is tyd om rustig te raak, na binne te keer, jouself en jou mense te vertroetel.




37 views0 comments

Recent Posts

See All

留言


bottom of page