top of page

Wat doen ons hier by Purple Posy?

Writer's picture: Nita FourieNita Fourie

Die Purple Posy webwerf en Facebook blad verskaf inligting oor ons doen en late, maar ek reageer graag op vrae wat ek soms kry.


  • Ek het nie 'n teetuin nie. Die gewilde laventelkoek word by funksies vir groepe bedien. As jy 'n groep van 10 mense bring, hou ek spesiaal vir julle 'n funksie op 'n datum wat ons albei pas. Dit is ideaal vir verjaardae of ander spesiale geleenthede. Groepe soos tuinbouklubs, werkskollegas, kerkgroepe en ander sosiale klubs verkies dikwels so 'n opsie.

  • Purple Posy is nie 'n kwekery nie. Ek verkoop wel laventelplante. Die benaming van die verskillende soorte is reg en dit is geharde plante wat jy in die tuin kan plant. Jy weet dus watter tipe laventel jy koop.

  • Omdat dit ons woonhuis is, is ons nie altyd oop vir besoekers nie. Daar is 'n winkeltjie op die perseel wat jy per afspraak kan besoek. Die Purple Posy produkte reeks, laventelblomme en plante is daar beskikbaar. Hou in gedagte dat blomme vars op bestelling gesny word.

  • Fotosessies tussen die laventel moet vroegtydig bespreek word.

  • Die verskillende werkswinkel opsies is op die webwerf. Lees gerus en kontak my vir meer inligting.

 

  • Daar is ook persoonsontwikkelingskursusse beskikbaar. Temas word volgens behoefte aangepas, bv.

    • Mindfulness vir onderwysers wat toegerus word om ontspannings tegnieke in die klas toe te pas.

    • Jong volwassenes wat gehelp word met selfkennis, doelstellings en 'n toekomsvisie. Kursusmateriaal kan aangepas word vir alle ouderdomsgroepe.

    • In 'n kursus getitel "Kom stof jou drome af" word planne  bedink hoe om die werklikheid van o.a. die leë nes,  aftrede of 'n nuwe lewensfase te takel. Enige persoon wat ernstig is oor beter lewenskwaliteit kan hierby baat.


  • Daar is ook spanbou geleenthede vir kollegas wat rondom laventelgeure kuier.

  • Individuele lewensafrigtingsessies (Coaching) kan bespreek word. Jare in die onderwys het my 'n passie vir n deurmekaar tiener geleer. Bring gerus jou kind as hy/ sy iemand op die pad nodig het. Jy kan ook bespreek om Mindfulness tegnieke aan te leer of kom vir stresverligting.

  • Jy is welkom om my te nooi om as spreker op te tree by funksie of by die werksplek.


Alle funksies word stylvol,  lekker gemaklik en informeel tussen laventelgeure aangebied. Kom kuier saam!

 

Celia vertel waarom sy al baie jare lank werkswinkels bywoon en 'n lojale laventel vriendin geword het:


"Laventel is gelyk aan vriende, vriende is gelyk aan laventel."

"Dit is altyd vir my spesiaal om 'n vriendin of dogter met 'n laventeldag te bederf. Óf dit 'n Bederfwerkswinkel is, waar ons kreatief raak, óf dit 'n "Mindfulness" werkswinkel is waar ek net weer my gedagtes agtermekaar kry - elke keer gaan ek weg met rustige Alfa breingolwe en weet dat ek verseker weer dié heerlikheid wil ervaar. Om saam te kuier rondom die mooi van laventel, doen 'n mens se siel goed. Om so saam te lag en gesels is sommer net lekker.
Nita is 'n besonderse gasvrou en 'n baie knap spreker. Haar inspirerende gesprekke is baie informatief en mens leer elke keer iets nuuts. Die produkte is 'n spesiale bederf en ek kan nooit weggaan sonder 'n bossie lieflike laventel nie.
Dit is vir my 'n voorreg om gereeld 'n vriendin of twee saam te neem na 'n  Purple Posy laventeldag. So 'n laventeloggend is n rustige bederf wat elke vrou af en toe verdien! So n bietjie me Time! "



39 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page