Waaroor gaan Mindfulness/ Bewustelikheid op die Purple Posy werf?
Mense vra my dikwels waaroor my Mindfulness kursusse gaan. Ek sien dat sommige mense aanvanklik dink dit is 'n Budistiese konsep. Mindfulness hoef glad nie aan 'n geloof gekoppel te word nie. Jy weet mos wat jy glo! Daar is wel iets soos Christelike Mindfulness wat jy kan beoefen as jy wil.
Vir my is Mindfulness 'n wakker word vir die lewe. Dit beteken ek probeer in die oomblik bly. Dit help om oop te wees om meer te leer oor jouself, ander mense en jou omgewing. Jy is bereid om ou etikette te laat gaan en kreatief te dink.
In my lewe maak hierdie bewustelikheid 'n verskil. Dit bring 'n kalmte wat my help om vreugde in klein wonderwerkies te kry. Asemhalingstegnieke en die gebruik van jou sintuie help om stres te verlig. As jy dit nog tussen laventel kan doen, voel jy soos 'n nuwe mens. Ons is nie gemaak om soos 'n dol hond rond te hol nie.
Soek kalmte! Dit help jou om te fokus om weer die groter prentjie te sien.
Mindfulness tegnieke kan met groot sukses in die werkplek, skool of kleuterskool gebruik word. Dit verlig spanning en verbeter konsentrasie. Ek kry ook wonderlike terugvoer van bejaardes wat laventel vir bewustelike ontspanning gebruik.
As julle 'n groep van 10 of meer persone is, kan julle bespreek vir so 'n Mindfulness kursus of werkswinkel. Ek doen ook individuele Mindfulness coaching per afspraak.
Kom leer om jou lewenskwaliteit te verbeter, sien die mooi raak en leef dankbaar in verwondering.
" The outer situation of your life and whatever happens there is the surface of the lake. Sometimes calm, sometimes windy and rough, according to the cycles and seasons. Deep down, however the lake is always undisturbed. You are the whole lake, not just the surface"
Eckart Tolle
![](https://static.wixstatic.com/media/ca638f_83d69e60a28d44778a321607ece9200f~mv2.jpg/v1/fill/w_493,h_370,al_c,q_80,enc_auto/ca638f_83d69e60a28d44778a321607ece9200f~mv2.jpg)
Comentarios