top of page

Twintig jaar van Purple Posy plesier!

Writer's picture: Nita FourieNita Fourie

Soos baie laventelvriendinne reeds weet, vier Purple Posy op 22 Augustus 2023 ons twintigste bestaansjaar. Dit is groot Genade! Ek dink nostalgies terug aan die koue dag in 2003 toe ons die eerste 3000 laventelplantjies geplant het. Soos altyd, was dit weer 'n gesinspoging. My liewe man het gesorg vir die voorbereiding, besproeiing en tegniese beplanning. Die seuns het saam 'n baie skewe ry geplant. Natuurlik was dit 'n speletjie en hulle kon mekaar met kluite gooi. Die ry is vandag nog daar!


Hierdie besigheid het vir my wonderlike geleenthede gebring. Ek het soveel oor die eenvoudige pers blommetjie geleer en kyk vandag met groot respek na laventel se kwaliteite. Ek het lieflike plekke besoek, funksies bygewoon en fantastiese mense ontmoet.


Die kalmerende effek van laventel moenie onderskat word nie. Daar is wetenskaplike studies om dit te staaf. Ek het beleef hoe tyd tussen die laventel stres verdryf en vroue terugkom om weer die kalmte te soek. Stres- en Mindfulness Coaching kan help om weer lewenskwaliteit te vind.


Ek dink terug aan soveel laventelstories en kleurvolle karakters:

  • Juffrou Pikkie spuit die kinders se verkouekieme weg met die "persgoed" ( Body Cooler)

  • 'n Ander juffrou spuit Kalm Walms (Linen Mist) vir rustigheid na pouse.

  • Dames by 'n aftree oord begin laventel "omgeeblikkies" uitdeel as iemand getroos moet word.

  • Ek leer dat ouderdom regtig net 'n nommer in jou kop is. Ek ontmoet 80-plussers met styl en oemf! Dis vroue wat die lewe voluit leef en inspireer.

  • Ek kruis paaie met vroue wat my leer wat regte barmhartigheid beteken. Vroue wat vele gesinne kosgee, versorg en aanmoedig. Hulle verander lewens!

  • Dinamiese jongmense gee my hoop vir die toekoms. Hulle gee om vir mekaar, vir die omgewing en werk om die wereld 'n beter plek te maak.

  • Ek sien dat laventel lafenis bring. Dit maak mense gelyk. Hier maak dit nie saak of jy ryk, arm, oud of jonk is nie. Ons is net laventelvriendinne wat saam lag, kuier en ontspan.

Baie dankie vir almal se lojale ondersteuning, bemarking, komplimente en liefde.


En dis beslis nie die einde nie. Nou mik ons vir die 21ste mondigwording. Hou asseblief aan om die pad saam met my te stap!


Soli Deo Gloria.






33 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page