top of page

Die jaar lê op sy rug!

Writer's picture: Nita FourieNita Fourie
Hierdie tyd van die jaar gaan gesprekke dikwels oor hoe vinnig 2024 verby gevlieg het. En daar is soveel wat ons nog wou doen…

Gewoonlik is dit die lekker dinge waarby ons nie uitkom nie. Die nuwe stokperdjie wat jy wou begin, die koppie tee wat saam met jou skoolvriendin. Of meer tyd vir stories saam met jou kinders. Navorsing wys dat dit juis hierdie dinge is wat bydrae tot goeie lewenskwaliteit en geestesgesondheid. Ons weet dit, maar tog bly dit jaar na jaar laaste op ons prioriteitslys. Daar is net soveel ander noodsaaklikhede wat gedoen moet word!


Gebruik hierdie feesseisoen vir refleksie. Is jy tevrede om soos die hamster op die wiel te bly hardloop? Dit bring jou nêrens! Hamsters het nie eers mooi kuite nie! Hoe kan jy dit verander? As ons nie ‘n bewustelike besluit daaroor neem nie, gaan die siklus net aan en gaan 2025 heel waarskynlik ook verby vlieg sonder die kuier met jou vriendin of meer storietyd met die kinders.


Ek voel sterk oor bereikbare Nuwejaarsvoornemens. Dit bied vir my ‘n riglyn vir die jaar. Dit keer dat elke jaar net nog ‘n groef word waarin ek verval.


Kom sit saam met my koppe bymekaar, wanneer ek ‘n werkswinkel vir jaarbeplanning aanbied. Ons maak planne om tyd beter te benut, onsself weer te leer ken en ons drome af te stof. Die lewe is kort en ons moet dit bestuur om vir ons te werk!


Die Kom stof jou drome af! werkswinkel vind plaas op 22 Februarie 2025 vanaf 10:00 tot 12:30 op die Purple Posy perseel in Wonderboom. Koste is R300 p.p. wat eetgoed en een produk wat jy self maak, insluit. Dit is die ideale Kersgeskenk! Koop gerus ‘n geskenkbewys daarvoor vir jou kollega, vriendin, familie of bederf jouself.


Kom ons maak 2025 ‘n jaar van goeie dinge!





27 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page