top of page

Botterskorsie en Feta Quiche met Laventel

Writer's picture: Nita FourieNita Fourie

Een van die redes waarom die bederfwerkswinkel so gewild is, is omdat ons so lekker eet! Hier is die quiche resep waarvoor ons laventelvriendinne  gereeld vra.


3 snye bruinbrood (gekrummel)

30 g botter

125 g spek (gebraai)

100 g Cheddar kaas (gerasper)

1 ui gekap en gebraai

500 g butternut blokkies gerooster

2 wiele Feta

1 ml sout

10 ml Margaret Robberts laventel blommetjies

Neutmuskaat

Swartpeper

4 eiers geklits

Klein bossie spinasie (gekap en gestoom)

25 ml pietersielie

500 ml melk


Verhit botter, brood en melk tot ‘n pulp. Laat afkoel. Voeg die meeste botterskorsie by, maar hou ‘n bietjie om in die bak te druk. Voeg die res van die bestanddele by en meng deeglik. Skep in ‘n gesmeerde tertbak en krummer van die Feta bo-oor.  Bak ongeveer 30 minute by 180 grade. Ek versier dit met vars kruie en laventeltakkies.


Dek jou tafel met laventel, nooi jou hartsmense en kuier lekker!




41 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page